Wavesong is ‘n wonderlike, bekostigbare vakansiehuis in die Shelley Point Estate. Baie goed toegerus met alles wat nodig is, 50 treĆ« op ‘n boardwalk vanaf die strand, veilige stap geleenthede is orals (binne die estate, op die gholfbaan en langs die see) en uitstekende diens vanaf die eienaar en agent. Hoofslaapkamer en badkamers is baie ruim met twee kleiner slaapkamers. Kombuis het alles wat nodig is. Braaifasilitiete is baie goed – braaihout word voorsien. Hierdie is een van die mooiste strande teen die Weskus – skulpe orals langs die stappaadjies. Tans word daar gebou op die erf voor Wavesong, maar daar is soveel ander positiewe punte dat dit sal opmaak vir Wavesong se beperkte see-uitsig.

(Suzan van Biljon – visited December 2017)